Wikimedia Commons

Article on other languages:

Wikimedia Commons
Tipe Wiki
Taal Meertalig, hoofsaaklik Engels
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Outeur Die gemeenskap
Opgerig 7 September 2004
Status Aktief
URL http://commons.wikimedia.org/

Die Wikimedia Commons (ook bekend as die "Commons" of "Wikicommons") is 'n versameling vrye beelde, opnames en ander multimedialêers. Dit is 'n projek van die Wikimedia Stigting. Lêers wat by hierdie versameling opgelaai word kan deur al die ander Wikimediaprojekte gebruik word, insluitende Wikipedia, Wikiboeke en Wikinews.

Inhoud

Hoe om beelde te gebruik

Beelde wat opgelaai is na Wikimedia Commons kan deur al die ander Wikimemedia projekte gebruik word; die sintaks is dieselfde as vir plaaslike beelde. Indien 'n plaaslike beeld met dieselfde naam reeds bestaan, sal dit gebruik word, andersins sal die een vanuit Commons gelaai word.

Geskiedenis

Die projek is op 7 September 2004 gestig. Teen November 2004 het dit reeds die mylpaal van 10 000 opgelaaide medialêers bereik. Dit was ook die eerste Wikimedia-projek wat weergawe 1.4 van die Mediawiki-sagteware gebruik het.

Tale

Die hooftaal vir die Commons is Engels, maar die koppelvlak kan via gebruikersvoorkeure verander word om enige ander taal te gebruik (insluitend Afrikaans). Verder word sommige van die bladsye ook na ander tale vertaal.

Kopiereg

Sedert 2004 laat Wikimedia Commons nie meer lêers toe wat onder nie-vrye lisensies vrygestel word nie, insluitend lisensies wat kommersiële gebruik van die materiaal beperk, asook media wat onder billike gebruik val. Lisensies wat toelaatbaar is sluit in die GFDL, Creative Commons (slegs sekeres) en publieke domein.

Eksterne skakels


{{{beeld_links}}} Wikimedia Stigting {{{beeld_regs}}}

Projekte: Broeikas - Commons - Meta-Wiki - Wikibooks - Wikinews - Wikipedia - Wikiquote - Wikisource - Wikispecies - WikiWoordeboek - Wikiversity

Wikipedias: Afrikaans - Duits - Engels - Frans - Italiaans - Japan - Nederlands - Pools

Sien ook: Wiki - MediaWiki

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.