Umberto Eco (gebore 5 Januarie1932) is 'n Italiaanse skrywer en filosoof. Hy is veral bekend vir sy roman The Name of the Rose (Il nome della rosa)
Biografie
Eco is gebore in Alessandria in die provinsie van Piëmont, Italië. Sy vader Giulio was 'n rekenmeester. Die familie naam Eco is glo 'n akroniem vir ex coelis oblatus ( Latyn vir 'n geskenk uit die hemel). Umberto het aan die universiteit van Turin gestudeer waar hy 'n BA graad in middeleeuse filosofie behaal het in 1954.
In 1959 publiseer Umberto sy tweede boek Sviluppo dell’estetica medievale wat hom as 'n wêreldkenner van middeleeuse filosofie en semiotiek gevestig het.
Romans
Il nome della rosa (1980 – Engelse vertaling: The Name of the Rose, 1983)
Il pendolo di Foucault (1988 – Engelse vertaling: Foucault's Pendulum, 1989)
L'isola del giorno prima (1994 – Engelse vertaling: The Island of the Day Before, 1995)
Baudolino (2000 – Engelse vertaling: 2000)
La misteriosa fiamma della regina Loana (2004 – Engelse vertaling: The Mysterious Flame of Queen Loana, 2005)
Boeke oor filosofie en semiotiek
Il problema estetico in San Tommaso (1956 – Engelse vertaling: The Aesthetics of Thomas Aquinas, 1988,)
"Sviluppo dell'estetica medievale", in Momenti e problemi di storia dell'estetica (1959 - Engelse vertaling:Art and Beauty in the Middle Ages, 1985)
Opera aperta (1962, rev. 1976 - Engelse vertaling: The Open Work (1989)