Texas

Article on other languages:

state of texas
Vlag van Texas Staatseël van Texas
Vlag van Texas Seël van Texas
Bynaam: Lone Star State, Golden State
Map_of_USA_highlighting_Texas
Ander VSA-deelstate
Hoofstad Austin
Grootste stad Houston
Goewerneur Rick Perry
Amptelike tale Engels
Tale Engels en Spaans
Oppervlakte 410 000 km² (2de)
 - Land 404 298 km²
 - Water 20 047 km² (4,7%)
Bevolking (2000)
 - Bevolking 20 851 820 (1se)
 - Bev.digtheid 30,75 /km² (28de)
Toelating tot die Unie
 - Datum 9 September 1850
 - Rangorde 31ste
Tydsone UTC -8 / Somertyd -7
Breedtegraad 32°30'N tot 42°N
Lengtegraad 114°8'W tot 124°24'W
Wydte 402,5 km
Lengte 1 240 km
Hoogte
 - Hoogste punt 4 421 m
 - Gem. hoogte 884 m
 - Laagste punt -86 m
Afkortings
 - VSA-poskantoor TX
 - ISO 3166-2 US-TX
Webwerf www.texas.gov

Texas [ˈtɛksəs] is 'n deelstaat in die sentrale suide van die Verenigde State van Amerika (VSA) met 'n oppervlakte van 696 200 vierkante kilometer en 'n bevolking van 23,9 miljoen mense. Die administratiewe hoofstad is Austin, die grootste stad is Houston en die grootste metropolitaanse gebied is Dallas/Fort Worth. Texas is sowel ten opsigte van sy oppervlakte asook sy bevolking die tweede grootste Amerikaanse deelstaat - slegs Alaska het 'n groter oppervlakte, en net Kalifornië se inwonertal oorskry dié van Texas. In administratiewe opsig het geen ander deelstaat meer counties of administratiewe distrikte as Texas (254).

Die bynaam van Texas, Lone Star State, verwys na die historiese feit dat Texas reeds voor sy toetrede tot die Unie as 'n onafhanklike republiek bestaan het. In geskiedkundige en kulturele opsig het Texas, onder meer vanweë die geskiedenis van sy kolonisasie en sy lidmaatskap in die Konfederasie, nou bande met die Amerikaanse Suide. As 'n voormalige Spaanse en Mexikaanse besitting behoort die deelstaat egter ook by die Amerikaanse Suidweste.

Spanje was die eerste Europese land wat aanspraak op Texas gemaak het, en tot in die jaar 1836 het dit 'n deel van Mexiko gevorm. Tussen 1836 en 1845 het Texas as 'n onafhanklike republiek bestaan en daarna as 28ste deelstaat by die VSA aangesluit. Die Amerikaanse anneksasie van Texas was deel van die gebeurtenisse wat uiteindelik die aanleiding tot die Mexikaans-Amerikaanse Oorlog en die Amerikaanse Burgeroorlog gegee het. Met die ontdekking van ruolie in die vroeë 20ste eeu het die vinnige ekonomiese ontwikkeling van Texas begin. Vandag beskik die deelstaat oor 'n gediversifiseerde ekonomie met 'n groeiende hoëtegnologiebedryf as sy basis.

{{{beeld_links}}} Verenigde State {{{beeld_groot}}}
State AlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiïIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MexikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale Distrik Washington D.C.
Eilandgebiede Amerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike MarianasPuerto Rico
Klein afgeleë eilande BakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake

More about Texas: houston texas real estate, texas real estate, san antonio texas real estate, texas map, texas holdem, texas roadhouse, austin texas, university of texas, houston texas,

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.