|
Article on other languages:
|
Russies (русский язык) is een van die grootste tale ter wêreld. Dit behoort tot die Indo-Europese taalfamilie en binne dié taalfamilie tot die Slawiese tale. Russies, Oekraïens en Wit-Russies vorm die Oos-Slawiese taalgroep.
Geografiese verspreidingRussies is die amptelike taal van Rusland. Dit word ook in onder meer Estland (saam met Esties), Georgië (saam met Georgies, Abchasies, Osseties, Armeens en Turks), Letland (saam met Lets), Litaue (saam met Litaus en Pools), Moldawië (saam met Roemeens, Oekraïens, Bulgaars, Turks en Gagaoesies), Oekraïne (saam met Oekraïens, Krim-Tataars, Gagaoesies, Roemeens, Hongaars, Bulgaars, Pools, Duits, Slowaaks, Wit-Russies en Grieks) en Wit-Rusland (saam met Wit-Russies, Oekraïens en Pools) gepraat en is een van die ses amptelike tale van die Verenigde Nasies. In Rusland word naas Russies ook nog tale soos Tsjetsjeens, Tataars, Kirgisies, Basjkiers en byna honderd ander tale gepraat. GeskiedenisDie Protoslawiese dialek het waarskynlik in die tweede millennium v.C. binne die Indo-Europese taalfamilie ontstaan. In die eerste millennium n.C. het Protoslawies getransformeer in Oudslawies. In die sesde tot sewende eeu het drie groepe dialekte ontstaan: Oos-, Wes- en Suid-Slawies. Uit die Oos-Slawiese dialekte het Russies (Groot-Russies), Oekraïens (Klein-Russies) en Wit-Russies in die veertiende tot vyftiende eeu ontstaan. In die Middeleeue word die verskil tussen die geskrewe en gesproke taal al hoe groter deurdat in die letterkunde ’n argaïese Russies gebruik word wat sterk steun op Kerkslawies, terwyl die gesproke taal verder ontwikkel. Die outobiografie van die priester Awwakoem uit die tweede helfte van die sewentiende eeu is in die gesproke taal geskryf en kan dus beskou word as die eerste werk van die moderne Russiese letterkunde. Michail Lomonosof het in die tweede helfte van die agttiende eeu die grondslag van moderne Russies gelê. Nikolai Karamzin het aan die einde van daardie eeu die letterkundige norm daargestel waarop Aleksander Poesjkin voortgebou het. Die hedendaagse Russiese letterkundige taal het omstreeks 1800 ontstaan en is geskoei op die Moskouse dialek. Kerkslawies het ’n groot invloed op Russies gehad, met die gevolg dat daar steeds baie sogenaamde "Kerkslawismes" in moderne Russies voorkom. Die taal het ook talle leenwoorde uit ander tale soos Nederlands, Frans, Duits, Latyn en die Turkse tale opgeneem. Nederlands en Duits in die Russiese taalVanweë die belangstelling van tsaar Pieter die Grote in die Nederlandse skeepvaart en ook vanweë buitelanders wat in Rusland gewoon het, is talle woorde in Russies opgeneem wat ook in Afrikaans heel bekend lyk, soos:
Net so is ’n hele paar Russiese woorde ook in Afrikaans opgeneem, soos baboesjka, glasnost, perestroika, oekase, tolk, intelligentsia, tsaar, borsjt, balalaika, bistro, steppe, taiga, troika, wodka, koelak, sowjet, ens. KenmerkeAlfabetDie huidige Russiese weergawe van die Cyrilliese alfabet bestaan sedert 1918, toe dit deur die Kommuniste hervorm is en sekere letters uitgelaat is. Die huidige alfabet het 33 letters:
Fonetiek en fonologieDie Russiese klankstelsel het 5 klinkers (wat elk op twee verskillende maniere geskryf kan word na gelang van of die voorafgaande medeklinker gepalatiseer is of nie) en 36 medeklinkers. Veral twee kenmerke kan onderskei word: vokaalreduksie en ’n fonologiese verskil tussen "harde" en "sagte" medeklinkers. Harde en sagte medeklinkersDie meeste medeklinkers het ’n "harde" en "sagte" (gepalatiseerde) weergawe. Die verskil tussen die twee soorte kan ’n woord se betekenis verander en word weerspieël in die spelling. By die uitspraak van ’n sagte medeklinker druk die tong byna teen die harde verhemelte, waardeur ’n ligte j-klank gehoor kan word. So klink ’n sagte "n" soos "nj" in mañana. Vokaalreduksie’n Beklemtoonde lettergreep word halflank uitgespreek en die onbeklemtoonde lettergrepe kort. Feitlik alle woorde het net een beklemtoonde lettergreep en dit het ’n groot invloed op die uitspraak van die woord; die verskynsel word vokaalreduksie genoem. Daardeur smelt ’n groep klinkers buite die lettergreep met die aksent saam en hulle word dan "dowwer" uitgespreek. Ná harde medeklinkers word die "o" en die "a" albei uitgespreek as [a] of [ə]); ná sagte medeklinkers word "je", "ja" en die sagte "i" as ’n kort i uitgespreek. By die "oe" en die harde "e" en "i" en sagte "joe" vind geen reduksie plaas nie. Die letter "jo" is altyd beklemtoon. Hoe verder ’n klinker van die beklemtoonde lettergreep af staan, hoe groter die mate van reduksie. So word ’n onbeklemtoonde "o" uitgespreek as [a] as dit reg voor die beklemtoonde lettergreep staan; as dit verder weg staan, klink dit soos [ə]. Die woord молокó (moloko, "melk") word dus uitgespreek as [məla'ko], вóдка ("wodka") as ['votkə]. Klinkers aan die begin van ’n woord word egter nie heeltemal gereduseer nie: автомáт klink soos [aftamat]. Stemhebbende en stemlose medeklinkersDie volgende stemhebbende en stemlose pare word in Russies aangetref: b en p, w en f, g en k, d en t, zj en sj, z en s. Nes in Afrikaans word stemhebbende medeklinkers aan die einde van ’n woord stemloos; ’n woord soos хлеб (chleb, "brood") klink dus soos chlep (vergelyk die Afrikaanse woord "brood" wat "broot" uitgespreek word) en юг (joeg, "suid") word joek. Wanneer ’n stemhebbende en ’n stemlose medeklinker langs mekaar staan, tree regressiewe assimilasie in (dus van agter na voor). Albei letters word dan óf stemhebbend óf stemloos uitgespreek (dit word bepaal deur die laaste letter). So word die letters "dk" as "tk" uitgspreek en die letters "tb" as "db". Wodka word "wotka" uitgespreek en foetbol word "voedbol". GrammatikaVerbuigings is ’n belangrike deel van Russies. In die moderne taal is daar ses naamvalle: nominatief, genitief, datief, akkusatief, instrumentalis en preposisioneel/lokatief. Daar is drie geslagte: manlik, vroulik en onsydig. In verbuigings word onderskeid getref tussen die geslagte, asook tussen enkel- en meervoud. Dit lei tot ’n groot aantal uitgange. Daar is geen lidwoorde in Russies nie. Russiese werkwoorde het drie tye: die teenswoordige, verlede en toekomstige tyd. Die teenswoordige en toekomstige tyd word vervoeg volgens persoon (1e, 2e, 3e), enkel- en meervoud; in die verlede tyd word onderskeid getref tussen manlik, vroulik, onsydig en meervoud. Die moeilikste deel van Russiese grammatika is die sogenaamde woordaspekte, die imperfektum en perfektum. Feitlik alle werkwoorde het twee verskillende vorme vir die imperfektum en die perfektum. Die imperfektum dui op ’n handeling en die perfektum op die resultaat. Voorbeeld: Die werkwoord oopmaak se twee vorms is otkriwat (imperfektum) en otkrit (perfektum). In die sin "Ja dolgo otkriwal dwer', no ne otkril jejo" ("Ek was lank besig om die deur oop te maak, maar het dit nie oopgemaak nie") word vir die handeling van "die deur oopmaak" die imperfektum gebruik en vir die resultaat (of gebrek daaraan) die perfektum. Russies het ’n baie vry woordvolgorde. ’n Woord kan byvoorbeeld op ’n sekere plek in die sin geplaas word om daaraan ’n belangriker of minder belangrike betekenis te gee. Min vaste reëls bestaan vir die voorkoms van aksente op woorde. Aksente is dikwels onvoorspelbaar; dit kan binne ’n verbuiging of vervoeging rondspring. ’n Voorbeeld is die verbuiging van die woord woda (water): wodá, wodí, wodjé, wódoe, wodói, wodjé, wódi, wod, wódam, wódi, wódami, wódach. DialekteIn die Europese deel van Rusland word drie dialekgroepe onderskei: die Noord-, Sentraal- en Suid-Russiese dialekte. Die Sentraal-Russiese dialek word as die oorgangsdialek beskou aangesien dit elemente van albei ander groepe bevat. Tog verskil die dialekte nie soveel van die standaardtaal (Moskouse norm) dat dialeksprekers vir iemand uit Moskou onverstaanbaar is nie. Vanweë verstedeliking en unifikasie in die onderwys gedurende die Sowjet-tydperk word die dialekte nou minder gepraat. Veral jonger Russe praat eerder Standaardrussies met dialek-elemente. Sien ook
VerwysingsIn Engels
In Russies
Eksterne skakels
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.