Debian is 'n Linux verspreiding wat sedert die eerste weergawe in 1993 streng by die ideale van die Vrye Sagteware-beweging gehou het. Debian is ook veral bekend vir sy APT (Advanced Packaging Tool) pakketbestuurstelsel, wat hoog aangeskrewe is as 'n manier om sagteware moeiteloos te installeer, opdateer of te verwyder. Debian is ook bekend vir die groot hoeveelheid sagteware wat in sy pakketstoor en distrubusie media beskikbaar is.
Heelwat ander Linux verspreidings, byvoorbeeld Ubuntu Linux is op Debian gebaseer, en maak gebruik van Debian pakkette.
Hierdie artikel is 'n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.