|
Article on other languages:
|
Biologie is die wetenskap van lewe. Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en individue ontstaan en die interaksies wat hulle met mekaar en hulle omgewing het.
Oorsig van biologieBiologie beslaan 'n wye spektrum van akademiese vakgebiede wat dikwels as onafhanklike dissiplines gesien word; saam bestudeer hulle lewe op verskillende skale:
Velde van studie in biologie
Verwante dissiplinesMediese wetenskap – Fisiese antropologie Mense en geskiedenisBeroemde bioloë – Geskiedenis van biologie – Nobelprys vir fisiologie of mediese wetenskap – Tydlyn vir biologie en organiese chemie Lys van onderwerpeSien: Lys van biologiese onderwerpe Ewolusie en biologieEen van die sentrale, organisatoriese begrippe in biologie is dat alle lewe van 'n gemene oorsprong het deur die proses van ewolusie. Charles Darwin ewolusie as 'n lewensvatbare teorie daargestel deur die dryfveer daaragter, natuurlike teelkeuse, duidelik uit te spel. (Alfred Russell Wallace word algemeen erken as mede-ontdekker van die begrip). Genetiese verskuiwing is aanvaar as 'n addisionele meganisme van die sogenaamde moderne sintese. Die ewolusionêre geskiedenis van 'n spesie — waaruit die eienskappe van die verskillende spesies waarvan dit afstam vasgestel kan word, tesame met die genetiese verwantskappe wat dit het ten opsigte van al die ander spesies word herkomskunde genoem. Verskillende benaderings tot die insameling van inligting oor die herkoms van spesies word in biologie gevolg. Dit sluit die vergelyking van DNA volgordes in wat in molekulêre biologie of genomika uitgevoer word en vergelykings van fosielrekords en ander inligting oor antieke organismes wat deur paleontologie ondersoek word. Bioloë rangskik en analiseer die ewolusionêre verwantskappe deur verskeie metodes wat herkomskunde, numeriese taksonomie en kladistiek insluit. Die hoofgebeurtenisse in die loop van ewolusie, soos bioloë dit tans verstaan, word opgesom op hierdie ewolusionêre tydlyn. Klassifikasie van leweDie klassifikasie van lewende dinge word sistematika of taksonomie genoem en behoort die ewolusionêre stambome (filogenetiese stambome) van die verskillende organismes te weerspieël. Taksonomie groepeer organismes in groepe wat taxa genoem word, terwyl sistematika hul verwantskappe probeer vasstel. Die dominante stelsel word die Linnese taksonomie genoem, wat ordes en binomiale nomenklatuur insluit. Die benaming van organismes word beheer deur internasionale ooreenkomste soos die Internasionale Kode van Plantkundige Nomenklatuur (ICBN), die Internasionale Kode van Dierkundige Nomenklatuur (ICZN), en die Internasionale Kode van Nomenklatuur van Batkterieë (ICNB). 'n Vierde konsepvoorstel vir 'n Biokode is in 1997 gepubliseer in 'n poging om die benaming van die drie terreine te standardiseer, maar dit is nog nie formeel aanvaar nie. Die Internasionale Kode vir Virusklassifikasie en Nomenklatuur (ICVCN) bly tans buite die Biokode. Lewende wesens word tradisioneel verdeel in vyf koningkryke: Die verdeling word egter deesdae as verouderd beskou. Meer moderne alternatiewe begin met die drieledige domeinstelsel: Hierdie domeine weerspieël die teenwoordigheid aldan nie van selkerne asook verskille in selwande. Daar is ook 'n reeks intrasellulêre "parasiete" wat toenemend minder lewendig ten opsigte van hulle metaboliese aktiwiteit is. Geskiedenis van die woord "biologie"Word gevorm deur die Grieks βίος (bios), wat 'lewe' beteken en λόγος (logos), wat 'woord' beteken, dit wil voorkom asof die woord "biologie" in sy moderne sin onafhanklik deur Gottfried Reinhold Treviranus ("Biologie oder Philosophie der lebenden Natur", 1802 en deur Jean-Baptiste Lamarck ("Hydrogéologie", 1802) bekendgestel is. Daar word beweer dat Karl Friedrich Burdach in 1800 die woord self verwoord het in die titel van Volume 3 van Michael Christoph Hanov se "Philosophiae naturalis sive physicae dogmaticae": Geologia, biologia, phytologia generalis et dendrologia, wat in 1766 gepubliseer is. Sien ook
Eksterne skakels en hulpbronneSkakels
Verdere leeswerk
More about Biologie: abitur biologie, biologie totale, biologie referat, biologie cellulaire, biologie planificari, biologie stark, facultatea de biologie, biologie linder, biologie scolaire soutien, |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.